Die Franse Ope is 'n groot tenniskampioenskapstoernooi wat jaarliks oor twee weke tussen middel Mei en vroeg Junie in Parys, Frankryk, besleg word in die Roland Garros-stadion. Die stadion se bane is van rooi klei en kan ongeveer 37 000 toeskouers huisves. Die program sluit mans- en vroue-enkels, sowel as mans-, vroue- en gemengde dubbels in.